Basiese bakmengsel

Meng die droë bestanddele en skep in ’n her­winde meelsakkie. Bind stewig toe.

Om te bak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n aluminiumpotjie of emaljebakkie met ’n vel bakpapier uit. Bespuit goed met kossproei.

Klits die karringmelk, jogurt of aangesuurde melk, eier en olie saam. Voeg die karringmelkmengsel en gedreineerde pitmielies by die droë bestanddele en meng liggies deur.

Skep die mengsel in die bereide potjie of bakkie, sprinkel die pap­rika oor en bak 60 min. of tot ’n toetspen net-net skoon uitkom.

Sit die brood voor saam met die heuning en kaas.