Voorverhit die oond tot 180 °C.

Bespuit ’n 22 cm- en ’n 18 cm-koekpan met kossproei en voer die basisse met bakpapier uit. 

  • Koek: Meng die kook­water met die kakaopoeier en roer tot glad. Laat afkoel.
  • Verroom die botter en suiker tot donsig. Voeg die vanielje by en dan die eiers een vir een terwyl jy goed tussen elke byvoeging klits. 
  • Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout by die bottermengsel in en roer liggies tot net gemeng. Vou die afgekoelde kakao in.
  • Verdeel die beslag tussen die panne en bak 40 min. Laat 10 min. afkoel en keer dan op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel. Sny albei koeke middeldeur. 
  • Versiersel: Vervierdubbel die basiese versiersel­resep. Kleur 1 koppie van die versiersel blou en ’n ander een groen, en hou eenkant. 
  • Plak die 2 groot koekhelftes met van die versiersel op mekaar vas. Doen dieselfde met die 2 kleiner helftes. Plaas die klein koeke bo-op die grotes en bedek met die gewone botterversiersel. Dit hoef nie perfek te wees nie, want dit sal met die wafelbeskuitjies bedek word.
  • Vir versiering: Pak die beskuitjies styf teen mekaar om die onderste en boonste laag van die koeke en laat ’n 15 cm-opening aan die voorkant.
  • Plaas ’n grastuit in ’n spuitsak en skep die groen versiersel in. Spuit “gras” om die rand van die onderste laag al langs die beskuitjies en aan die binnesirkel van die boonste laag al langs die beskuitjies.
  • Smeer blou versiersel met ’n paletmes van die bolaag na die onderkant om ’n waterval te vorm. Spuit dan nog gras al langs die kante en die boonste deel van die waterval. Pak suikerblomme op die gras langs die waterval. Strooi bruinsuiker op die boonste vlak, aan die binnekant van die gras en tussen die twee lae tussen die beskuit­jies. Plaas die figuurtjies bo-op.
Basiese botterversiersel

Lewer genoeg om 1 standaardkoek mee te versier.

Bestanddele

  125 g botter, versag
  250 g versiersuiker, gesif
  15-25 ml (3-5 t) melk
  5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

Verroom die botter tot glad. Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits tot die mengsel lig en donsig is.

Voeg ’n bietjie melk by om die mengsel ’n dik, smeerbare tekstuur te gee.

Klits die geursel in.