Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit twee groot ­beskuitpanne goed met kossproei.

  • Meng die bruismeel, semels, sout en rosyntjies in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel en giet die margarien, kondensmelk en melk by en meng goed.
  • Verdeel die beslag tussen die beskuitpanne en druk liggies platter. Bak 35-40 min. of tot gaar en ’n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat 10 min. in die panne afkoel.
  • Verlaag die oondtem­peratuur tot 60 °C en sit die oondwaaier aan. 4 Pak die beskuit in ’n enkellaag op die oondrakke en laat 6-7 uur of oornag uitdroog. Haal die beskuit uit die oond uit, laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.