Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ses diep ­holtes van ’n muffinpan.

  • Muffins Braai die spek tot gaar, laat afkoel en kap fyn.
  • Sif die droë bestanddele saam.
  • Klits die nat bestanddele saam en roer by die ­droë bestanddele  in tot net gemeng. Voeg ¾ van die spek by.
  • Vulsel Meng al die bestanddele.
  • Skep die muffinholtes halfpad met die muffinmengsel vol, skep van die vulsel in elke muffinholte en skep die res van die muffinmengsel bo-op. Sprinkel ’n bietjie van die oorblywende gekapte spek bo-op elk.6 Bak 20-25 min. of tot gaar.
Ystee

Gebruik 10 natuurlik gegeurde rooibosteesakkies (bessie, waatlemoen en groentee of suurlemoen, gemmer en ment werk lekker saam, maar jy kan die geure na smaak kies).

Giet 3 L kookwater oor en laat afkoel.

Druk die sakkies goed uit en skep uit. Plaas die tee in die yskas.

Vir voorsit:

Vir elke 1 L tee kan jy 375 ml (1½ k)

natuur­like vrugtesap of 45 ml (3 e)

natuurlike vrugtestroop byvoeg. (As jou kinders ’n suikertand het, voeg ’n klein bietjie bruin­suiker by, maar dis geensins nodig nie.)

Giet in botteltjies en vries, dan is dit net mooi ontvries teen pousetyd.

Pak ook:

Gekapte droëvrugte (perskes en pere) en grondbone 

tamatie-babakomkommer-en-kaasstokkies