Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 12 holtes van ’n muffinpan goed met kossproei.

  • Meng die meel, bak­poeier en sout in ’n groot mengbak.
  • Voeg die murgpampoentjies, cheddar, salami en pitte by. Meng goed.
  • Klits die karringmelk, eiers en olie goed saam. Voeg by die murgpampoentjiemengsel en roer tot net gemeng. Verdeel die mengsel tussen die muffinpanholtes.
  • Vir afronding Sprinkel die kaas oor die muffins of druk die salami bo-op indien verkies. Bak die muffins 25-30 min. of tot gaar.
  • Haal die muffins uit die pannetjie en pak op ’n draadrakkie om af te koel. Bêre in ’n lugdigte houer.