Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 22 cm-silikonringpan goed met kossproei.

  • Klits die sitrussap en -skil, olie, versoeters en eiers goed saam.
  • Meng die droë bestanddele en dadels goed. Voeg die eiermengsel by en meng deur.
  • Giet in die bereide pan en laat 10 minute staan. Sprinkel die amandelvlokkies oor.
  • Bak sowat 60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer uit en laat afkoel.
  • Afronding: Sprinkel die ekstra amandel- en klappervlokkies oor.

WENK

Die mengsel lyk aanvanklik pap, maar terwyl dit staan, raak dit stewig.