• Deeg: Meng die meel, sout en suiker en voeg die kitsgis by. Maak ’n holte in die middel, meng die olie en water en voeg by. Meng deur en knie sowat 10 min. goed of tot glad en elasties. Maak toe en laat rys tot dubbel die volume.
  • Rol die deeg sowat 1 cm dik uit in ’n groot reghoek.
  • Vulsel: Meng al die bestanddele vir die vulsel buiten die kaas. Smeer oor die deegreghoek. Sprinkel die kaas oor. Rol die deeg op soos ’n rolkoek en sny in die lengte in die helfte. 
  • Rol een helfte in ’n sirkel op met die gesnyde kant wat na bo wys; hou aan met die sirkel vorm deur die ander helfte net by te las. Plaas die sirkel in ’n goedgesmeerde swartpot. Laat rys tot dubbel die volume. Plaas die deksel op. 
  • Plaas op ’n staander oor stadige kole met ’n paar kole op die deksel van die pot ook en bak tot gaar, sowat 60 min. afhangend van die hitte van die kole. (In die oond: sowat ’n uur by 190 °C.)
  • Sit voor saam met die vis en/of seekospot.