Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondpan goed met kossproei.

  • Plaas die semels in ’n bak, voeg die suiker of xilitol en olie by en giet die kookwater oor. Laat staan tot af­gekoel.
  • Meng al die droë bestanddele goed in ’n groot bak en maak ’n holte in die middel.
  • Klits die jogurt of karringmelk en eiers saam. Voeg by die semelmengsel en dan by die droë bestanddele. Meng goed.
  • Skep in die bereide pan en bak sowat 30 min. tot gaar of tot ’n toetspen skoon uit die middel kom. 
  • Keer op ’n draad­rakkie uit. Laat afkoel en sny in stukke. 
  • Pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat en droog oornag uit by 100 °C. Bêre in ’n lugdigte houer.

Dié is ’n alles-in-een-beskuit wat vir ontbyt instaan wanneer ons op ’n safari-vakansie gaan. Dit kry van muesli en vrugte tot jogurt en eiers in en bevat heelwat semels.