Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 'n groot bakplaat met olyfolie. Hou 'n diep oondbak byderhand.

  • Eiervrug: Sny die eiervrugte in die breedte in skywe. Pak die skywe op 'n skinkbord en sprinkel ’n bietjie sout oor. Laat staan 15 min., spoel af en klad goed droog.
  • Pak die eiervrugskywe op die bakplaat en drup die olyfolie oor. Rooster 15-20 min. in die oond of tot sag.
  • Sous: Verhit intussen die olie in 'n kastrol en braai die ui en knoffel tot geurig. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut 10 min.
  • Ratatouille: Skep die sous in die oondbak. Pak die eiervrug, murgpampoentjies, soetrissie en tamaties om die beurt in rye op die sous.
  • Druk die lourierblare tussen die groente in en drup die olie oor. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Bedek die bak met foelie en bak 20 min. in die oond.
  • Haal die foelie af en rooster nog 10-15 min.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.