Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n pan van 29 x 23 cm goed met kossproei.

  • Klits die botter en suiker in ’n mengbak met ’n elektriese handklitser tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by terwyl jy aanhoudend klits.
  • Giet die melk by en klits.
  • Sif die meel, bakpoeier en sout oor die mengsel en klits tot net gemeng. Voeg die kaas by en meng liggies deur.
  • Giet die beslag in die bereide oondpan en bak 20 min. in die verhitte oond of tot goudbruin en tot ’n toetspennetjie skoon uit die middel van die tert kom.
  • Bolaag: Meng die botter en Marmite of Bovril goed en smeer oor die tert sodra dit uit die oond kom.
  • Vir afronding: Sprinkel die kaas oor die tert en bak nog 5 min. tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die biltongskyfies en -­poeier en koljandersaadjies, indien gebruik, ruimskoots oor die tert.
  • Laat die tert afkoel en sny in blokke.

Marmite-tert is ’n ou gunsteling. Ons rond dit af met gekerfde biltong; dis ideaal vir ’n teeparty.