Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak, bakplaat of oondvaste pan goed met botter en voer die bodem met bakpapier uit.

  • Deeg: Meng die meel, gis, sout en suiker saam in ’n groot mengbak.
  • Klits die res van die bestanddele saam en voeg by die meelmengsel. Meng goed en knie tot ’n sagte deeg vorm. Voeg nog ’n bietjie water by as die deeg te droog is.
  • Plaas die deeg in ’n skoon bak, bedek met ’n teedoek en laat rys 1 uur op ’n warm plek of tot dubbel in grootte.
  • Knie die deeg liggies af en vorm 10-12 rolletjies. Pak die rolletjies knus teen mekaar in die bereide bak, bedek en laat rys weer 30 min.
  • Afronding: Verf die rolletjies liggies met die eier en bak 15-20 min. of tot goudbruin en gaar.
  • Meng die botter, kruie en sout en sit voor saam met die rolletjies.
Kom neem deel aan die gesprek

 Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!