Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n diep oondbak met kossproei.

  • Vulsel: Verhit die olie in ’n pan en braai die ui en knoffel tot sag en geurig. Voeg die brand­rissies en soetrissie by en roerbraai nog 1 min.
  • Roer die res van die bestanddele behalwe die hoender by en meng goed. Laat 5 min. prut. 
  • Voeg die hoender by, meng deur en geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Sous: Smelt die botter in ’n kastrol en roer die meel by. Verlaag die hitte en giet die melk bietjies-bietjies by terwyl jy aanhoudend roer. Roer tot die sous begin kook en verdik. Geur met die sout na smaak. Haal van die hitte af en hou eenkant.
  • Enchiladas: Skep van die vulsel in elke pannekoek en rol op. Pak die gevulde pannekoeke knus teen mekaar in die bereide oondbak.
  • Skep die sous oor en sprinkel die kaas en tiemie oor. Plaas in die oond en bak 15-20 min. of tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die brand­rissies oor indien verkies en sit voor.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.