Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met foelie uit en bespuit met kossproei.

  • Vulsel: Verhit die olie in ’n diep pan en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Voeg die spinasie by en roerbraai tot verwelk.
  • Sprinkel die meel oor en roer deur. Giet die room en melk geleidelik by die mengsel terwyl jy aanhoudend roer. Laat prut tot verdik. Geur die vulsel met die sout en vars gemaalde peper.
  • Kaasmengsel: Hou 60 ml (¼ k) van die mozzarella eenkant. Meng die res van die bestanddele goed en geur met vars gemaalde peper.
  • Vir stapel: Sit een van die pannekoeke op die bakplaat. Smeer met ’n bietjie van die vulsel, sit nog ’n pannekoek bo-op en smeer met die kaasmengsel. Herhaal die stapel tot al die pannekoeke, vulsel en kaasmengsel opgebruik is.
  • Vir voorsit: Sprinkel die orige kaas oor en bak 15-20 min. of tot die kaas gesmelt is. Sny in skywe en sit voor saam met die basilie en suur­lemoenwiggies. 
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.