Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 20 cm- ronde losboomkoekpan met bakpapier uit. Hou ’n bakplaat byderhand.

  • Versprei die patatblokkies op die bakplaat en drup die olie oor. Meng deur en rooster 25-30 min. in die oond tot die patat sag is. Druk die ­patat fyn en hou eenkant om effens af te koel.
  • Voer die bodem en die kante van die koekpan uit met die skilferkorsdeeg en sit die pan in die yskas tot nodig.
  • Pekanneutlaag: Klits die stroop, suiker en eier saam tot romerig. Meng die neute deur en skep bo-op die deeg.
  • Patatlaag: Sit die fyn­patat in ’n mengbak. Voeg die eiers en room by en klits tot goed gemeng.
  • Sif die meel, kaneel en sout oor en meng met ’n houtlepel tot net gemeng. Skep bo-op die neutlaag.
  • Bak die tert 50-60 min. in die oond of tot ’n toets­pen skoon uit die middel van die tert kom.
  • Vir afronding: Pak die pekanneute bo-op die tert indien verkies. Laat die tert 30 min. in die pan afkoel, haal uit die vorm en sny in skywe. Sit voor saam met roomys of room.