25 min.
6-8
30-35 min.
Bestanddele
- Vulsel
- 4 pere, geskil en ontkern
- 2 Granny Smith-appels, geskil en ontkern
- sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 250 ml (1 k) gemengde bevrore bessies (opsioneel)
- 60 ml (¼ k) suiker of heuning
- Deeg
- 1 x 500 g-pak* skonmengsel, berei soos op die verpakking aangedui
- melk, vir verf
- Vir voorsit
- geklopte room of natuurlike jogurt
Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n groot oondbak met kossproei.
- Vulsel: Sny die pere en appels rofweg in stukkies en plaas in ’n kastrol. Voeg die suur-lemoensap en -skil asook 125 ml (½ k) water by. Bring tot kookpunt en laat 10 min. oor lae hitte prut.
- Voeg die bessies by, indien gebruik, en die suiker of heuning en laat nog 5 min. prut. Skep die vrugte in die bak.
- Deeg: Rol bolletjies van tennisbalgrootte met die skondeeg en pak knus teen mekaar bo-op die vrugte. Verf die deeg liggies met die melk en sit die oondpan bo-op ’n bakplaat.
- Bak die poeding sowat 15-20 min. of tot die deeg goudbruin en gaar is. Sit warm voor saam met geklopte room of natuurlike jogurt, indien verkies.
Wenk
*Die boks- en pakgroottes van handelsname se kitsmengsels verskil; kies dus ’n mengsel wat omtrent dieselfde gewig as die aanbevole hoeveelheid het.
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook, WhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET