• Maak seker die panne­koeke is heeltemal afgekoel. Dit kan al ’n dag of twee voor die tyd gebak en in die yskas gehou word tot benodig.
  • Vulsel: Klits die karamelkondensmelk met ’n elektriese klitser tot glad. Klop die room styf en vou die geklitste kondens­melk, ­jogurt en sjo­kolade liggies daarby in.
  • Smeer: ’n Pannekoek met ’n bietjie van die vulsel en sit nog ’n pannekoek bo-op. Smeer nog vulsel bo-oor en herhaal tot al die pannekoeke en vulsel op is. (Eindig met ’n laag van die vulsel.
  • Afronding: Skep nog room bo-op indien verkies en sprinkel die sjokolade oor. Versier met die ment, sny die stapel versigtig in ­skywe en sit voor.

VARIASIES

  • Aarbeie en room: Smeer ’n klein bietjie aarbeikonfyt op elke derde pannekoek in die stapel. Smeer ’n ­lagie geklopte room of natuurlike volroomjogurt op die res en versier met vars aarbeie.
  • Piesang en karamel: Berei die pannekoekstapel, maar laat die Peppermint Crisp uit. Pak skyfies vars piesang tussen van die lae en versier met nog vars piesang, karamel en room bo-op.
  • Rooifluweel: Voeg ’n paar druppels rooi kleursel by die pannekoekbeslag en bak rooi pannekoeke. Klits 1 x 250 g-houer roomkaas tot glad en roer 60 ml (¼ k) versier­suiker by. Vou 250 ml (1 k) natuurlike volroomjogurt deur die roomkaasmengsel en gebruik as vulsel vir die stapel. Versier soos verkies.
  • Suurlemoen: Vou 250 ml (1 k) natuurlike volroomjogurt by 250 ml (1 k) geklopte room in. Smeer elke derde pannekoek in die stapel met suur­lemoensmeer (lemon curd) en die res van die lae met die roommengsel. ­Versier met nog van die roommengsel, suurlemoensmeer en gerasperde ­suurlemoenskil bo-op.