• Smeer elke vel filodeeg met die botter, stapel bo-op mekaar en voer ’n gesmeerde losboomtertpan daarmee uit. Frommel die kante na binnetoe in.
  • Kap die piekeltamaties fyner op en hou eenkant. Hou die sous ook eenkant.
  • Verhit die olyfolie en braai die knoffel en uie tot sag. Voeg die piekeltamaties en die helfte van die olywe by. Geur met die helfte van die origanum. Skep in die kors.
  • Pak die tamatieskywe bo-op en rangskik die res van die olywe bo-op. Sprinkel die res van die origanum oor en bedruip met die piekelsous.
  • Bak 20-25 minute tot die kors gaar en goudbruin is. Sit voor saam met ’n groenslaai as ’n ligte maaltyd of as bykos saam met braaivleis.