Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n brood­pannetjie (26 x 9 cm) met kossproei.

  • Meng die meel, bak­poeier en speserye. Maak ’n holte in die middel.
  • Meng die piesangs en appel. 
  • Klits die olie, suiker en eiers saam tot goed gemeng. Meng die piesangmengsel hierby in.
  • Vou die piesang-oliemengsel liggies by die droë bestanddele in tot net gemeng. Voeg die neute by. 
  • Skep in die pan en bak so 45 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom (dit sal ’n bars bo-op vorm). 
  • Keer op ’n draad­rakkie uit, laat afkoel en sny in vingers. Pak in ’n enkellaag op ’n bakplaat en droog oornag uit by 100 °C. Bêre in ’n lugdigte houer.

Uitgedroogde piesangbrood lewer ’n heerlike beskuit. Dié een is nie so soet en ryk soos ge­wone piesangbrood nie en kry ook ekstra geur met ’n skeutjie gemmer en kaneel.