Voorverhit die oond tot 150 °C.

Bespuit ’n ronde koekpan van 22 cm in deursnee met kossproei. 

  • Tert: Verhit die melk en room net tot liggaamstemperatuur en laat afkoel.
  • Klits die eiergele, witsuiker en water 3 min. saam. Klits die gesmelte botter in ’n dun straaltjie by.
  • Sif die koekmeel, kakao en sout saam; meng goed met die eiermengsel. Voeg die melkmengsel by en vou in.
  • Klits die eierwitte saam met die kremetart tot stywepuntstadium; vou in by die beslag. Die beslag sal nie maklik meng nie; die eierwitte sal bo bly dryf. Meng net tot die streperigheid weg is, maar nie te veel sodat die eierwitte hul lug verloor nie. 
  • Giet die beslag in die pan; dit moet gevul word tot 1 cm van bo. Die beslag sal nie oorloop nie, want die eierwitte stol soos ’n soufflé.
  • Plaas die koekpan met die beslag in ’n oondpan en bak 50-60 min. by 150 °C.
  • Laat goed in die pan afkoel by kamertemperatuur. Sodra die koek geset het, keer op ’n dienbord uit. Plaas die koek oornag of vir 4 uur in die yskas om ferm te word.
  • Ganache: Plaas die suiker, kakao, water, botter en gouestroop in ’n kastrol; verhit tot die suiker gesmelt het. Kook daarna 2 min. en verwyder van die hitte.
  • Voeg die splinters en room by die warm mengsel, maar moenie roer nie – draai die kastrol in die rondte. Die sjokolade sal baie vinnig smelt as dit van goeie gehalte is.
  • Klits deeglik met ’n ballonklitser en laat die mengsel goed afkoel. Plaas in die yskas vir 30 min. voor jy dit met ’n slaplemmes 
    op die koek smeer. Hou die koek verkoel tot dit voorgesit word. Versier met vars vrugte soos verkies.