Voorverhit die oond tot 200 °C. Bestuif 4 groot bakplate met meel. 

  • Basis: Bestuif die werkoppervlak met meel. Verdeel die brooddeeg in 4 gelyke dele. Rol elke stuk tot die grootte van ’n bord uit en plaas op die bereide bakplate. 
  • Breek die blomkool in blommetjies en plaas in ’n voedselverwerker.Verwerk tot dit soos broodkrummels lyk. Meng die blomkool en twee kase. Verdeel die blomkoolmengsel in 4 gelyke porsies. Strooi elke porsie om die rand van elke pizzabasis terwyl jy ’n ruimte van sowat 1 cm los. Vou die rande van die deeg oor die blomkoolmengsel en knyp dit toe. Bak 5 min. en laat dan afkoel.
  • Tamatiesous: Meng die bestanddele en smeer dit op elke pizzabasis. Maak seker jy smeer dit nie op die gevulde kors nie. 
  • Bolaag: Strooi van die mozzarellakaas oor elke pizza gevolg deur die ui, ertjies, mieliepitte, soet­rissies en spek. Strooi die cheddarkaas bo-oor en bak 10-12 min. tot die pizzabasis goudbruin is en die kaas gesmelt het.

Wenk 

As jy die ertjies en mielie­pitte meer wil wegsteek, strooi meer kaas oor as aangedui.