Bestanddele
- KORS
- 5 x 250 ml (5 k) klipgemaalde witbroodmeel
- 5 ml (1 t) suiker
- 10 ml (2 t) sout
- 1 pakkie (10 g) kitsgis
- 500 ml (2 k) louwarm water
- 45 ml (3 e) olyfolie
- mieliemeel vir bestrooiing
- TAMATIESOUS
- 700 g romatamaties, afgeskil en gekap
- 175 g sondroë tamaties in vinaigrette, gekap
- 5 ml (1 t) origanum
- BOLAAG
- mozzarellakaas, gerasper
- fetakaas, maer spek, langsteelbroccoli, swart olywe, kersietamaties, rooi-uieskywe, babaspinasie, av
Metode

Voorverhit die oond tot 230 °C. Plaas 2 groot bakplate onderstebo in die oond om warm te word voor jy die pizzabasis bo-op plaas.
Kors
Plaas al die bestanddele behalwe die water en olie in die bak van ’n voedselverwerker.
Voeg die water en olie stadig by terwyl dit 7-10 min. verwerk word tot ’n slap deeg om die lem van die voedselverwerker vorm – die deeg sal effens klewerig wees.
Haal uit, vorm in ’n bal en plaas in ’n bak, borsel met olie en laat dit rys tot dubbel die grootte. (Berei intussen die sous voor.)
Verdeel die deeg in 4 stukke en rol so dun moontlik op ’n meelbestrooide oppervlak uit.
Bestrooi die warm bakplate met mieliemeel en plaas ’n pizzakors bo-op elk (dit is nie nodig om weer te rys nie). Plaas die bakplate so na moontlik aan die onderste element en bak 5-7 min. tot klaar, maar nie bruin nie. (Herhaal met die res.)
Tamatiesous
Plaas al die bestanddele in ’n glasbak en verhit 10 min. in die mikrogolfoond tot al die water verdamp het.
Bolaag
Haal die pizzakorse uit die oond, smeer ’n dun laag tamatiesous daaroor, gevolg deur ’n laag mozzarellakaas.
Pak al die bestanddele van die bolaag, behalwe die avokado en roketblare, daarop.
Skakel die oondrooster aan en rooster die pizza tot die kaas gesmelt en die spek gaar is.
Rond af met die avokado en roketblare.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET