Smeer en voer 'n bakplaat uit.

  • Meng die polenta en 250 ml (1 k) van die water in 'n klein kastrol en bring stadig tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer. Verlaag die hitte en laat prut 2-3 min. met ’n deksel op. Hou eenkant tot afgekoel.
  • Meng die oorblywende water, deeg en heuning in 'n klein bak tot die deeg opgelos het. Sif 115 g van die meel in 'n groot bak en klits die deegmensel geleidelik in. Voeg die polenta by en roer tot gemeng. Keer uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie 5 min. of tot die deeg glad en rekbaar is. Rol in ’n bal en vryf ’n bietjie olie oor. Plaas in 'n groot bak, bedek met kleefplastiek en laat rys 2 uur.
  • Smelt die botter in 'n klein kastrol en voeg die sonneblomsaad en sout by. Laat eenkant afkoel.4 Wanneer die polenta­deeg gerys het, voeg die oorblywende meel en die gesmelte bottermengsel by. Keer uit op 'n meel­bestrooide oppervlak en knie 5-8 min. tot sag en glad. Plaas terug in die bak, bedek en laat rys nog 'n uur.
  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Knie die deeg af en keer uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny die deeg in vier gelyke dele en rol elke stuk in 'n vet wors uit. Vleg twee rolle saam en plaas op die bereide bakplaat.
  • Bolaag: Klits die eiergeel en water saam en verf oor die brood. Sprinkel die sonneblomsaad bo-oor en bak 25-30 min. tot gaar.
  • Vir voorsit: Sit die brood voor saam met skywe mozzarellakaas, tamatie en basilieblare. 
  • Stilering: Esther Malan
  • Foto: Misha Jordaan
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.