Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n bakplaat  en pasteibak of kleiner oondbakkies goed met  kossproei.

  • Pak die murgbene met die murgkant na bo op die bereide bakplaat.
  • Drup die helfte van die olie oor en geur met die sout en peper.
  • Rooster 15-20 min. of tot die murg sag is en die bene begin verkleur.
  • Verhit die res van die olie in ’n diep kastrol en braai die ui, wortels en knoffel tot sag.
  • Voeg die lourierblare, tiemie en roosmaryn by en roerbraai tot geurig.
  • Voeg die helfte van die sampioene by en roerbraai nog 5 min.
  • Roer die tamatiepasta, heel tamaties en groente­aftreksel by en bring tot kookpunt.
  • Pak die murgbene in die stowe, verlaag die hitte, sit die deksel op en laat die vulsel 90 min. liggies prut.
  • Roer af en toe en voeg nog water by as die stowe te vinnig droogkook.
  • Voeg die res van die sampioene by en laat nog 30 min. prut.
  • Geur met nog sout en peper, indien nodig.

Pasteie

  • Skep die vulsel in die bereide pasteibak of oondbakkies.
  • Rol die deeg liggies op ’n meelbestrooide oppervlak uit en sny tot 2 cm groter as die bak of bakkies.
  • Skep die vulsel in die deeg.
  • Sit die deegdoppie(s) bo-op die vulsel en sny ’n kepie daarin.
  • Garneer die deeg met enige ekstra deegstukkies en verf met die eier.
  • Bak 20-25 min. of tot die deeg goudbruin en gaar is.