Voer 3-4 groot bakplate met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

  • Deeg: Meng die suiker, warm water en kitsgis goed. Laat minstens 10 min. staan of tot die mengsel skuimerig word.
  • Meng die olie by die gismengsel in.
  • Hou 60 ml (¼ k) van die meel eenkant. Voeg die res van die meel en die sout in ’n groot mengbak. Maak ’n holte in die middel en giet die gismengsel daarin. Meng met ’n vurk tot die deeg by­mekaarkom.
  • Strooi van die orige meel op ’n oppervlak en keer die deeg daarop uit. Knie tot die deeg sag en elasties is. Voeg nog meel by as die deeg te klewerig is. Maak ’n bal en plaas in ’n bak wat met olie besmeer is. Bedek en laat 1 uur op ’n warm plek staan of tot dubbel in grootte.
  • Voorverhit die oond tot 230 °C. Keer die deeg uit, knie liggies en verdeel dit in 18-24 balletjies. Rol een van die balletjies in ’n lang slangetjie uit en vou soos ’n pretzel. Pak op die bereide bakplate. Herhaal met die res. Laat die pretzels nog 30 min. op ’n warm plek staan.
  • Watermengsel: Giet die water en koeksoda saam in ’n kastrol. Roer en verhit tot die koek­soda opgelos is. Verlaag die temperatuur tot dit net prut. Dompel die pretzels in sarsies in die watermengsel en laat 30 sek. prut. Haal die pretzels versigtig uit en klad liggies droog op kombuispapier. Pak weer op die bakplate. Herhaal met al die pretzels.
  • Vir afronding:  Verf die pretzels met die eier en sprinkel die seesout en/of die sesamsaadjies bo-oor, indien gebruik. Bak 
    7-10 min. of tot donkerbruin en gaar.