• Meng al die bestand­dele buiten die sout. Laat 30 min. rus. Meng die sout en 15 ml (1 e) water. Voeg by en knie in die deeg in.
  • Vou die deeg soos verduidelik by die suurdeegbroodresep (sien stap 3, bl. 27). Laat sowat 1-1½ uur rys ná elke vou.
  • So vorm jy die knopies Haal die deeg uit die bak en plaas op ’n meelbestrooide oppervlak. Deel in 6 bolle deeg. Vou een helfte van ’n bol deeg styf oor die ander helfte en druk dit in mekaar in. Herhaal ’n paar keer. Rol dit in ’n lang rol uit. Die middelste stuk van die rol is dikker en raak dan baie dun na die kante toe.
  • Bring die twee lang punte na mekaar toe en oorkruis in die middel met twee punte wat uitsteek. Vou die punte nog ’n keer oorkruis en vou dan na die binnekant van die sirkel om die ikoniese pretzel-vorm te maak. Herhaal met die orige bolle deeg.
  • Laat die pretzels 8 uur in die yskas rys tot dubbel hul grootte.
  • Afronding: Wanneer die pretzels reg is vir bak, meng die water en koeksoda en doop die pretzels daarin.
  • Plaas op ’n bakplaat, strooi die soutvlokkies oor en bak die pretzels sowat 15 min. by 200 °C tot bruin.