Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n 35 cm x 20 cm-oondpan en voer dit met bakpapier uit.  

  • Koek: Maak 2 baksels van die koekmengsel aan. Sif al die droë bestanddele saam in ’n groot mengbak.
  • Klits al die nat bestanddele saam en giet by die droë bestanddele in terwyl jy ’n groot ballonklitser gebruik om dit stadig te klits tot die beslag glad is. Giet die beslag in die bereide pan en bak 20-25 min. of tot ’n toets­pen skoon uitkom. Laat 10 min. in die pan afkoel en plaas dan op ’n draad-rak. Herhaal met die tweede koek.
  • Versiersel: Maak die basiese versiersel en kleur met pienk koskleursel om ’n ligpienk versiersel te skep. 
  • Plaas 1 van die koeke op ’n koekbord, smeer die versiersel bo-op en plak die ander koek daarop vas. Bedek die hele koek met versiersel, maak dit met ’n paletmes glad en plaas die prent bo-op in die middel van die koek. 
  • Voeg nog kleursel by die oorblywende versiersel om die pienk donkerder te maak. Plaas ’n ster­vormige tuit in ’n spuitsak en plaas die versiersel in die spuitsak. Spuit patrone al langs die onder- en bokant van die koek. 
  • Vir versiering: Sit die prinsesfigure op die koek. 
Basiese botterversiersel

Lewer genoeg om 1 standaardkoek mee te versier. 

Bestanddele

  125 g botter, versag
  250 g versiersuiker, gesif
  15-25 ml (3-5 t) melk
  5 ml (1 t) vanieljegeursel

Metode

Verroom die botter tot glad. Voeg die versiersuiker geleidelik by en klits tot die mengsel lig en donsig is.

Voeg ’n bietjie melk by om die mengsel ’n dik, smeerbare tekstuur te gee.

Klits die geursel in.