20 min.
1 groot quiche
35-40 min.
Bestanddele
- KORS
- 500 ml (2 k) meel
- 5 ml (1 t) sout
- 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- 200 ml klapperolie
- 1 eiergeel
- VULSEL
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 250 g spek, in blokkies gesny
- 250 ml (1 k) klappermelk of gewone melk
- 2 eiers, geklits
- fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
- ’n hand vol pietersielie, gekap
- sout en vars gemaalde peper
- 1 wiel fetakaas, gekrummel
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n grootblik- of tertbak goed metkossproei.
- Kors: Plaas die meel, sout en bakpoeier in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot gemeng. Voeg die klapperolie en eiergeel by en pols tot ’n deeg om die lem vorm. Skep uit en druk liggies saam.
- Breek stukkies van die deeg af en druk in die blik- of tertbak vas om ’n kors te vorm. Prik ’n paar gaatjies in die kors met ’n vurk. Verkoel 30 min. in die yskas.
- Vulsel: Verhit intussen die olie in ’n pan en braai die spek tot gaar. Hou eenkant.
- Klits die klapper- of gewone melk, eiers, skil en pietersielie saam. Geur met die sout en peper.
- Versprei die spek in die tertkors en sprinkel die feta oor. Giet die eiermengsel oor en bak 35-40 min. of tot die eiervla gestol is. Haal uit die oond uit en laat staan 10 min. Sny in porsies en sit voor.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET