Verhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n broodpan met kossproei.

  • Verhit die melk in ’n groot mengbak en roer die botter, suiker en sout deur tot opgelos. Laat afkoel tot louwarm. 
  • Los die gis in die louwarm water op en voeg dit by die melkmengsel.
  • Voeg die helfte van die meel by en meng goed. Voeg die rosyntjies en die res van die meel by en meng goed. Laat die deeg 10 min. staan.
  • Knie die deeg tot sag en elasties en laat rys teen kamertemperatuur tot dubbel die volume. Knie af en plaas in ’n broodpan. Laat weer 40 min. uitrys. Bak 45 min.