Voorverhit die oond tot 190 °C. Bespuit 7 ramekinbakkies of andersins 4 ramekins en ’n klein broodpan goed.

Brood

  • Meng die meel, sout, suiker en kitsgis.
  • Vryf die botter in.
  • Klits die eier en karringmelk saam.
  • Meng by die meelmengsel in.
  • Voeg die rosyntjies by en meng deur.
  • Voeg genoegsaam louwarm water by om ’n kniebare deeg te maak.
  • Meng en knie 10 min. tot glad en elasties.
  • Bedek, verf met olyfolie en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die grootte.
  • Vorm deeg in bolletjies, plaas in ramekins en vorm die res van die deeg in ’n brood.
  • Smeer die bokante met botter of olyf­olie. Laat weer rys tot dubbel die grootte.

Bolaag

  • Druk die druiwehalwes en pekanneute bo-op die deeg vas, sprinkel vinkelsaad en ’n bietjie sout en strooisuiker oor.
  • Bak die brood tot gaar, sowat 40-50 min.

Vir voorsit

  • Sit voor saam met botter en heuning.