15 min.
36 beskuitjies
1 uur
Bestanddele
- 180 g sonneblom-, pampoen-, sesam- en flassade
- 45 ml (3 e) psilliumvesel
- 15 ml (1 e) paprika
- 2,5 ml (½ t) sout of roosmaryn-soutsprinkel
- 400 ml water
Metode

Voorverhit die oond tot 150 °C.
- Meng al die bestanddele en laat 10 min. staan.
- Plaas ’n Silpat-silikoonmatjie op ’n bakplaat en smeer die mengsel oor die Silpat tot 2 mm dik. Maak seker dis gelyk.
- Druk 2,5 cm-sirkels uit, indien verkies. Bak 1 uur tot bros en gaar. (Verhoog die temperatuur die laaste 10 min. tot 190 °C.) Sny of breek in stukke terwyl die beskuitjies nog warm is, indien nie in sirkels nie.
Bêre in ’n lugdigte houer.
HUMMUS
LEWER 375 ml (1½ k)
BEREIDING: 10 MIN.
- 1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer; behou vloeistof
- 30-45 ml (2-3 e) tahini
- sap en fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
- 60 ml (¼ k) gekapte pietersielie of grasuie
- sout na smaak
- 60 ml (¼ k) olyfolie
- 60-125 ml (¼-½ k) kekerertjievloeistof
Vir voorsit
- olyfolie vir bo-oor sprinkel
- olywe en kase (opsioneel)
Plaas alles in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad. Voeg die vloeistof by tot die verlangde dikte. Skep in ’n lugdigte glashouer.
Vir voorsit
Verpak die hummus in ’n bakkie en giet die olyfolie oor. Sit voor saam met die saadbeskuitjies, olywe en ’n paar kase indien verkies.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET