Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit 3 klein pannetjies baie goed met kossproei; voer die bodem uit met bakpapier. Spuit weer.

Brood

  • Meng die sade, hawermout en psilliumvesels en sout baie goed.
  • Maak seker die psilliumvesels word goed deur die brood versprei.
  • Meng die heuning of suiker, klapperolie en 125 ml (½ k) water.
  • Verhit tot die suiker en klapperolie net gesmelt is. (Moenie kook nie.)
  • Voeg die res van die water by. Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
  • Druk vas in die voorbereide pan en laat staan 20 min.
  • Bak 20 min. op die middelste oondrak.
  • Haal uit die oond, keer die brood uit en plaas ­onderstebo in die oond.
  • Bak nog 30 min. tot gaar – dis reg as dit hol klink as jy op die onderkant daarvan klop.
  • Laat heeltemal afkoel voor jy dit sny.
  • Hou 5 dae in ’n lugdigte houer.
  • Vries ook goed.

Avokadosmeer

  • Meng al die bestanddele. Sit die avokadosmeer voor saam met die brood.