Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit twee tot drie groot broodpanne goed met ­kossproei.

  • Klits die olie, eiers, karringmelk of amasi en vanielje goed saam en hou eenkant.
  • Meng die res van die bestanddele in ’n aparte bak en maak ’n holte in die middel. Giet die oliemengsel in die holte en meng met ’n houtlepel tot ’n sagte deeg vorm.
  • Verdeel die deeg tussen die broodpanne en druk liggies platter. Bak 35-40 min. of tot gaar en ’n toetspen skoon uit die middel van die beskuit kom. Laat die beskuit 10 min. in die panne afkoel.
  • Keer die beskuit uit en sny in blokke. Verlaag die oondtemperatuur tot 60 °C en sit die oondwaaier aan.
  • Pak die beskuit in ’n ­enkellaag op die oondrakke en laat 6-7 uur of oornag uitdroog. Haal die beskuit uit die oond uit, laat afkoel en bêre in ’n lugdigte houer.