Voorverhit die oond tot 180 °C. 

  • Verhit ’n bietjie olie in ’n wok en braai die kool, knoffel, gemmer en sampioene tot net sag en tot die meeste vloeistof verdamp het.
  • Laat afkoel  en meng die stingeluie, wortel en koljanderblare by. Geur met sojasous, sesamolie en peper na smaak.
  • Skep ’n hopie van die vulsel op die onderent van ’n vel filodeeg. Vou die onderste deeg oor om die vulsel te bedek, vou die kante in en rol dan op om ’n rolletjie te vorm. Plak die los ent met gesmelte botter teen die rolletjie vas. Herhaal met die res van die vulsel en deeg.
  • Pak op ’n gesmeerde bakplaat, smeer gesmelte botter oor en bak sowat 10 min. of tot die filodeeg bruin en bros is.
  • Doopsous: Meng al die bestanddele vir die doopsous en sit voor saam met die filodeegrolletjies.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.