Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n aluminium- of swartpotjie uit met bakpapier. Bespuit goed met kossproei.

  • Meng die semelbruismeel, sout, kaas en gekapte stingeluie (indien gebruik). Voeg die vonkelwater by en meng goed. Skep in die potjie.
  • Rangskik die skywe rooi-ui, olywe, stingeluie en roosmaryntakkies bo-op.
  • Bak sowat 40-50 min. of tot ’n toetspen skoon uit die broodjie kom. 
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die geroomde maaskaas of olyfolie.