Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondpan goed of bespuit met kossproei.

  • Meng die meel, semels, suiker, sout en bakpoeier goed. Voeg die lynsaad en dadels by en meng goed deur.
  • Klits die olyfolie en karringmelk of jogurt saam en voeg by die droë bestanddele. Meng goed (voeg ’n bietjie water by as dit te droog is) en skep in die pan. Maak gelyk.
  • Bak 50 min. of tot ’n toets­pen skoon uitkom.
  • Laat effens in die pan afkoel en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
  • Sny in klein stukkies en pak op ’n bakplaat. Verlaag die oondtemperatuur tot sy laagste en laat droog die beskuit 3-4 uur in die oond uit of tot heeltemal droog. Laat afkoel en bêre in ’n lugdigte ­houer.