Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die holtes van ’n diep muffinpan goed, bespuit met kossproei of voer uit met papierbakkies. 

  • Meng die semels, tee, suiker of heuning en olie en laat staan tot afgekoel.
  • Voeg die meel, sout, bessies of sultanas en sonneblompitte of neute by en meng liggies deur.
  • Meng die koeksoda en karringmelk of jogurt. Klits die eiers en voeg by.
  • Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en roer tot net gemeng – nie te veel nie, anders kry die muffins lugtonnels.
  • Skep die mengsel in die bereide panne en sprinkel die sade, pitte en bes-sies (indien verkies) oor.
  • Bak 15-20 min. 
  • Laat effens afkoel in die panne; keer dan uit op ’n draadrakkie om heel­temal af te koel.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met avokado en spekvleis.