Voorverhit die oond tot 170 °C. Voer 2 groot bak­plate met bakpapier uit en bespuit met kossproei.

  • Klits die botter en suiker saam tot romerig.
  • Voeg die grondboontjiebotter by en klits tot goed gemeng.
  • Klits die eiers een-een by, gevolg deur die vanieljegeursel.
  • Voeg die hawersemels, donker kakao en koek­soda by en meng met ’n houtlepel.
  • Skep eetlepels vol van die koekiedeeg op die bakplate en druk liggies platter met ’n vurk.
  • Bak 10-12 min. Verwyder uit die oond en laat 10 min. op die bakplaat afkoel.
  • Pak die koekies op ’n draadrakkie en laat heeltemal afkoel.
  • Bêre in ’n lugdigte houer.