Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter in.
  • Meng die melk met die kremetart, voeg by en meng liggies deur met ’n vurk.
  • Plaas op ’n meelbestrooide oppervlak, vorm ’n ronde brood, stuif meel oor en sny kepies in die brood.
  • Bak sowat 20-25 min. of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. 
  • Vir voorsit: Sit die vars gebakte brood voor saam met die botter en konfyt.