Voorverhit die oond tot 180 °C en voer 'n bakplaat uit.

  • Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
  • Giet die karringmelk by en sny dit met 'n bottermes deur die droë bestanddele tot net ingemeng. Moenie te veel meng nie, want die brood sal dan taai en swaar wees.
  • Keer uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Vorm in 'n sirkel, druk effens plat en plaas op die bereide bakplaat.
  • Gebruik 'n skerp mes en maak 'n kruis deur diep in die deeg in te sny maar nie heeltemal deur nie. Bestuif met meel en bak 35-40 min. tot gaar.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die botter, kaas en konfyt.
Wenke
  • Vorm die deeg in twee kleiner brode en bak net 25-30 min. 
  • Maak 'n soeter soda-brood deur in  stap 2 100 g rosyne by te voeg. 
  • As jy van 'n ligter tekstuur hou, gebruik 100 g pleks van 225 g volgraanmeel en maak die verskil op met 125 g koekmeel. 
  • Foto: Misha Jordaan
  • Stilering: Esther Malan
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.