Spek-en-eier-muffins

akkreditasie
Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander
Bereidingstyd: 20 min.
Porsies: 6-8
Gaarmaaktyd: 25 min.
Bestanddele
  • 2 - uie, gekap
  • - olie
  • 200 g - gerasperde murgpampoentjies
  • 100 g - gerasperde sampioene
  • - 6 repies bladspek, gekap, of 2 gaar hoenderborsies, gepluis
  • 250 ml (1 k) - gerasperde sterk cheddarkaas
  • 5 ml (1 t) - aangemaakte mosterd
  • 250 ml (1 k) - gaar bruinrys
  • 30 g - gekapte kruie soos pietersielie
  • 6 - eiers
  • - sout en peper na smaak
  • 18 - kersietamaties vir afronding
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit 8 holtes van diep muffinpanne deeglik. Voer uit met bakpapier en bespuit weer.

  • Braai die uie in ’n bietjie olie tot glasig, voeg die groente by en roerbraai tot net sag en tot alle vloeistof verdamp het.
  • Voeg die spek of hoender, kaas, mosterd, bruinrys en kruie by. Meng en skep in goedgesmeerde muffinholtes. 
  • Geur die eiers met sout en peper en klits goed. Giet oor die groentemengsel in die muffinholtes. Pak ’n paar tamaties bo-op elke muffin vir afronding.
  • Bak sowat 25 min. of tot ferm. Sit louwarm of koud voor.
Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees