Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer die holtes van groot, diep muffinpanne goed.

  • Sif die droë bestanddele goed saam. 
  • Voeg die kaas, spinasie en basilie of pietersielie by en meng goed.
  • Klits die botter, melk, water en eiers saam en voeg by die mengsel. Meng liggies deur.
  • Skep in voorbereide muffinpanne en bak 28-30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met ekstra gerasperde cheddar- of fetakaas, indien verkies.

WENK: Dit wil lyk of klipgemaalde meel minder allergieë tot gevolg het. Die meel word stadig verwerk, nie aan hitte blootgestel nie en bevat geen bleikmiddels nie. Dit is deesdae oral in supermarkte beskikbaar en is beslis die moeite werd.