Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 25 cm-losboomkoekpan met kossproei.

  • Sif die droë bestanddele saam; roer die suiker by. Meng die sjokolade en neute by. Maak ’n holte in die middel.
  • Klits die eiers en olie saam en voeg die peer- of appelpuree by.
  • Voeg die eiermengsel by die droë bestanddele en meng liggies. 
  • Skep in die bereide koekpan en bak so 25 min. tot net gaar en tot ’n toetspen skoon uitkom. Keer op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.  
  • Sny in dun wiggies, pak op ’n bakplaat en droog uit by 100 °C. Bêre in ’n lugdigte houer. 

’n Heerlike beskuit om geliefdes (in die bed) mee te bederf saam met ’n koppie tee.