Meng jou deeg soos beskryf by die suurdeegbroodresep. Bedek die deeg en laat ongeveer 60 min. lank by kamertemperatuur rus voor die eerste vou.

Vou soos beskryf by die suurdeegbroodresep. Plaas in ’n bak en laat rys ná elke vou-slag sowat ’n uur goed.

So vorm jy ’n baguette Haal die deeg uit die bak en plaas op ’n meelbestrooide oppervlak. Verdeel in 4 bolle.

Vou een helfte van ’n deegbol styf oor die ander helfte en druk dit in mekaar in. Herhaal ’n paar maal.

Plaas jou hande plat op die deeg en rol na buite om die deeg te verleng in ’n lang rol. Herhaal met al die deegbolle.

 Plaas die baguettes op ’n deegdoek wat met fyn mieliemeel gepoeier is en maak tussen die brode voue in die doek om die lang dun vorm te behou. Hierdie gevormde brode kan nou ongeveer 8 uur in die yskas rys.

Maak ’n lang keep oor die lengte van elke brood met ’n lemmetjie.

Foto: Jacques Stander
Foto: Jacques Stander


Bak sowat 20 min. by 230 °C tot gaar. Plaas 250 ml (1 k) kookwater saam met die brode in die oond vir stoom.

Resep: Ciska Rossouw