Bolletjies

Meng al die bestanddele buiten die sout. Meng die sout en 15 ml (1 e) water en voeg by. Knie goed in die deeg in. Laat 30 min. rus.

Vou die deeg soos verduidelik by die suurdeegbroodresep (sien stap 3, bl. 27). Die deeg moet ná elke vouslag ’n uur rys.

Vulsel

Rol die deeg uit tot 1 cm dik en strooi ’n dik laag kaneelsuiker oor. Besprinkel met die neute en droëvrugte.

Rol die deeg styf op en sny in 12 skywe.

Draai die skywe op hul sy en pak op ’n bakplaat of in ’n broodpannetjie indien verkies. Laat sowat 8 uur in die yskas rys tot dubbel hul grootte.

Bolaag

Smeer met melk en bak sowat 20 min. of tot goudbruin en gaar by 180 °C.

Meng die maaskaas en versiersuiker, voeg suurlemoensap na smaak by om ’n loperige mengsel te maak en smeer oor die warm bolletjies.

Resep: Ciska Rossouw