Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondbak met kossproei.

  • Geur die hoenderfilette met die sout en vars gemaalde peper. Verhit die olie in ’n pan en braai tot goudbruin aan albei kante. Pak die hoender in die bereide oondbak.
  • Tamatiesous: Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot fyngekap.
  • Vir afronding: Giet die tamatiesous oor die hoender en pak die kersie­tamaties tussenin. Sprinkel die sonneblompitte en kaas bo-oor en bak 15-20 min. of tot die kaas gesmelt is en die tamaties oopgebars het.
  • Sit die hoender voor saam met ’n groenslaai van jou keuse.