Tamatiepiekels

Marinade vir die tamaties: Meng die balsemieke asyn, olyfolie, suiker, gekapte basilie, roosmaryn, tiemie, lourierblaar en knoffel in ’n vlekvrye­staalbak en geur liggies met sout en vars gemaalde peper. Laat trek 1 uur teen kamertemperatuur.

Voorverhit die oond tot die laagste verstelling moontlik.3

Maak ’n keep in die tamaties se skil en blansjeer 10 sek. in kokende water of tot die skil begin wegtrek. Verfris in yswater en trek die ­skille af.

Sny elke tamatie in kwarte en verwyder die sade. Plaas die tamatiekwarte op ’n oondrak en laat 6 uur in die oond uitdroog. Wanneer die tamaties uitgedroog is, plaas dit terug in die marinade en laat marineer oornag in die yskas.

Tert

Voorverhit die volgende dag die oond tot 200° C.

Dreineer die tamaties uit die marinade. Rang- skik die tamaties met die voorsitkant na onder in ’n liggies gesmeerde tertpan (26 x 8 cm) en bedek met die skilferkorsdeeg. Sny die rande van die deeg en druk liggies met ’n vurk teen die kante in.

Prik die deeg op drie plekke met ’n mes. Bak die tert 20 min. in die middel van die oond. Haal die tert uit die oond en verlaag die temperatuur tot 180° C.

Verf die deeg egalig met die geklitste eiergeel en plaas die tert terug in die oond om nog 8 min. te bak. Haal uit die oond en laat afkoel voor jy dit uit die pan haal.

Gebruik ’n skerp, getande mes en sny die tert in agt ewe groot stukke. Plaas dit op ’n bakplaat en verhit 2-3 min. in die oond tot deurwarm.