Voorverhit die oond tot 190 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit.

  • Brosbrood: Verwerk die meel, ­suiker en sout ’n paar sekondes in ’n voedsel­verwerker tot goed gemeng.
  • Voeg die botterblokkies by en pols bietjie-bietjie tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
  • Voeg die tiemie en makadamianeute by en pols tot gemeng.
  • Voeg 5-10 ml (1-2 t) ­water by en pols tot die deeg begin saamkleef. Keer die mengsel op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk liggies saam om ’n bal te vorm. Bedek met kleefplastiek en verkoel minstens 30 min.
  • Haal die deeg uit die kleefplastiek uit en rol op ’n meelbestrooide oppervlak uit tot 1 cm dik. Druk ronde koekies uit met ’n koekiedrukker en pak op die bereide bakplaat. Herhaal tot al die deeg opgebruik is. Verkoel die koekies weer 30 min. as dit te sag geraak het.
  • Bak die koekies 10-12 min. of tot dit strooi­kleurig is en effens bruin om die kante. Laat 5 min. afkoel op die bakplaat en pak op ’n afkoelrakkie. Laat heel­temal afkoel.
  • Vir voorsit: Eet die koekies net so of sit dit voor saam met geklopte room, aarbeikonfyt, vars basilie en ’n lekker koppie tee. Bêre die orige koekies in ’n lugdigte houer.