Voorverhit die oond tot 180 °C, bespuit ’n 22 cm-­losboompan met kossproei en voer met bak­papier uit.

  • Kors: Meng die koekies en botter en druk die mengsel op die bodem van die bereide pan vas. Bak 10-12 min. en haal uit die oond. Verlaag die temperatuur tot 150 °C.
  • Vulsel: Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die uie tot sag en goudbruin. Skep uit en laat eenkant afkoel.
  • Klits die maas- en roomkaas saam in ’n bak. Voeg die eiers, eiergele, suurlemoenskil en -sap by, en klits stadig tot glad. Roer die tamaties, gras-uie en uie by en geur.
  • Giet die beslag op die kors, pak die rooi-ui bo-op en bak 50-60 min. of tot geset. Skakel die oond af en laat heeltemal afkoel in die oond. Keer op ’n bord uit en sprinkel die sprietuie oor.