Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 25 cm- ronde losboomkoekpan met kossproei en voer die bodem uit met bakpapier.

  • Klits die eiers en suiker saam tot liggeel en donsig. Voeg die vanielje en olie by en klits tot goed gemeng.
  • Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg om die beurt met die melk by die eiermengsel.
  • Giet die beslag in die bereide koekpan en bak 25-30 min. of tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom.
  • Laat die koek 10 min. in die pan afkoel en keer uit op ’n draadrakkie. Laat dit heeltemal afkoel en sny die koek in die helfte om twee lae te maak.
  • Versiersel: Meng die jogurt en suiker. Vou die room by die mengsel in.
  • Afronding: Smeer die helfte van die versiersel op die onderste laag van die koek. Pak ’n laag nektarienskyfies bo-op.


WENK

Vervang botter met olie

Botter is deesdae peperduur. Bak eerder ’n koek soos dié met olie pleks van botter.