Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer 2 bakplate en voer met bakpapier uit.

  • Koekies: Klits die botter, versiersuiker, vanieljegeursel en suurlemoen­skil saam tot lig en donsig.
  • Sif die meel en vlapoeier in en roer by die verroomde mengsel in.
  • Plaas die mengsel in 'n spuitsak met 'n 1 cm-gleufspuitstuk en spuit 5 cm-vingers op die voorbereide bakplate. Plaas in die oond en bak 10-12 min. Laat sowat 5 min. op die plate afkoel en plaas dan op 'n draadrak om heeltemal af te koel.
  • Vulsel: Klits al die bestanddele saam in 'n groot bak tot lig en donsig. Smeer van die vulsel op ’n koekievinger en plak teen 'n ander koekievinger vas, soos 'n toebroodjie. Doen dit met al die koekies. 
Wenk
Bêre ongeplakte koekievingers tot 5 dae in ’n lugdigte houer of geplakte koekies 3 dae. 
Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.